Trans Agulhas Challenge
 
HOME
STAGES
RULES
SPONSORS
GENERAL INFO
DOCS & LINKS
GALLERY
RESULTS
HISTORY
News
STORIES
CONTACT




DOWNLOAD TracTrac


 

Press Releases / Articles

RETURN TO INDEX

Spanne slaggereed vir 26ste Trans Agulhas

PUBLISHED ON 23 DECEMBER 2013

Met slegs 'n paar dae oor voor vanjaar se Trans Agulhas-wedvaart, is die deelnemers besig om 'n paar laaste verstellings aan hul bote te maak. Soos die oud-kampioen Tjaart Oosthuizen tereg sê, "dit help veel jy ry soos 'n kampioen maar jou enjin pak op".

Tjaart en sy spanmaat, Dave Barnett, neem vanjaar vir die elfde keer aan dié wedvaart deel. Dié twee, wat geborg word deur First Road Emergency, was reeds nege keer gekroon as algehele wenners.

Meer as dertig spanne het reeds ingeskryf vir die 2013-wedvaart wat oor vyf dae (van 28 Desember tot 1 Januarie) en meer as 600km beslis word.

Die spanne kan vir een van vier klasse inskryf: die standaardklas; die nuweling-standaardklas; die professionele klas en die gemodifiseerde klas.

Die deelnemers in die onderskeie klasse is:

Nuweling-standaardklas

  • FJ Buter en Dian Beyers (Wetcore Cape/Paint Finesse)
  • JJ de Villiers en Nico Wasserval (Overtrans/Superbrands)
  • Pierre en Philip Naude (Wethaba Green)
  • Jamie Streicher en Wildri van Deventer (Heins Autolek)
  • Raynor Becker en Burger Briedenham (Volvo)
  • Uys Kruger en Conrad Jacobs (Plumbcore)
  • J van Niekerk en V Mkentane (Team Viking I)
  • Reniell Matthysen en Carlo Neethling (Dolphin Inflatables)
  • Henk Oosthuizen en Wiltas Leeuwner (Marine Dynamics)
  • Rynhardt Koekemoer en Francois de Wet (Agulhas Electrical)
  • Petrus en Rudolf Botha (R23 Bricks/Full Throttle)

Standaardklas

  • Jacques Matthee en Michael van Geems (Van Loveren)
  • Eben de Bod en Gerhard Fernhout (Robertson Abattoir)
  • Eben Heunis en Jannie Visser (Pomula)
  • Nickie Smit en Dewald Theron (Scania)
  • Peter Groenenstein en Nichol Parr (Valumax/Amigos/Excellparts)
  • F Simerie en D Scarcella (Team Viking II)
  • MD Bergers en CH Ntuli (Team Viking III)
  • Rikus Roux en Lodewyk Coetzee (Fidelity Security)
  • JG Horne en Vincent van Vuuren (Albertinia Meubelvervoer)
  • Christie Kriel en Christie junior (Cape Foods)
  • Christiaan en Waldo Kriel (Pride Trusses)

Professionele klas

  • Wimpie Ackermann en Whitey Louw (Imperial)
  • Stefan Lindeque en Tony Ingram (Nulandis)
  • Dryer van Niekerk en Floris de Kock (Rusgenot)
  • Marc Gleed en Odette Maytham (Genric Insurance)
  • Dmitri Krylov en spanmaat (Rusland/Gemini)

Gemodifiseerde klas

  • Andre Pretorius en Wilhelm Meyer (AA Works)
  • Dave Barnett en Tjaart Oosthuizen (First Road Emergency)
  • Wade Ball en Brendon Shaw (Onbekend)
  • Malcolm Hazelhurst en Ferdi Liebenberg (Hunters Extreme)
  • Johan Hugo Reinke en Koch Malherbe (Crystal Cool Logistics)
  • Rocco Erasmus en spanmaat (Rusgenot Transport)
  • Francois van Wyk en spanmaat (Marlow Trio)

RIB-klas

  • Christo van Wyk en Gerhard Jordaan (Rusgenot Transport)

Die oornagpunte is by Mosselbaai (28 Desember), Stilbaai (29 Desember), Struisbaai (30 Desember) en Hermanus (31 Desember). Die wedvaart eindig by Strand op 1 Januarie. Elke dag om 13:00 vind 'n Koning van die Branders-kompetisie by dié strande plaas. Die sanger Andries Vermeulen sal die vermaak verskaf.

Tags


26ste trans agulhas, standaardklas, professionele klas, gemodifiseerde klas, rib-klas, nuweling-standaardklas
VIEWED.  4793 

 

Club Agulhas Klub Trans Agulhas on Facebook
© 2019 TRANS AGULHAS CHALLENGE (TAC)  |  TIGME.COM
spacer